'n Skool vir sy gemeenskap – met trots, tradisie en toewyding sedert 1904.
"Skool vir sy gemeenskap... wat aan elke leerling die geleentheid bied om maksimaal volgens sy eie vermoë te ontwikkel deur die nastreef van die hoogste standaarde en Christelike norme sodat hy/sy, sy/haar plek as 'n gebalanseerde volwassene kan inneem."
Hoërskool Hennenman is in 1904 gestig en dien al meer as 'n eeu lank die gemeenskap van Hennenman en die omliggende Vrystaatse dorpies.
Deur die jare het die skool ontwikkel tot 'n moderne hoërskool wat kwaliteit onderrig, 'n Luther Crowther Koshuis en 'n wye verskeidenheid sport- en kultuurgeleenthede bied – steeds gewortel in Christelike norme en ons leuse: Per laborem ad finem – deur arbeid bereik jy jou einddoel.
Omring van veld en groen, groen lande, die skepping van Gods eie hande, hier staan ons skool as lewensimbool: van kennis, ywer en diens. Jy laat jou werkroep hoor, volhard om aan te spoor, besiel om kragte saam te span, oortuig ons dat ons kan.
Dis na die hoogtes wat ons streef, – 'n grootse leuse om uit te leef – ons doel te behaal en nimmer te faal, ons beste gee vir ons skool.
Dis Hennenman se skool, geliefde Hoërskool. Nog lank sal jy lewe – voller lewe – tot die Heer se eer!
Opgaande son: die opgaan van lig om aan te dui dat meer kennis groter lig meebring.
Erepalmblaar: dui op die eer en genoegdoening wat 'n mens ontvang na volbragte goeie werk.
Dwarsbalke: dui op trappies wat versinnebeeld dat 'n mens, via kennis, stadig omhoog na die einddoel klim.
Leuse: Per laborem ad finem – deur arbeid bereik jy jou einddoel!
Maak kennis met ons leierskorps, personeel en koshuis – die mense wat Hennenman Hoërskool maak wat dit is.